Ohna Nel Toere
&
Fotografie
Wes-Kaap - Suid-Afrika
Ohna Nel Toere
&
Fotografie
Wes-Kaap - Suid-Afrika
Foto: Natasha Louw
WAT MAAK MY TOERE ANDERS?
Ervaar die prag van die Westelike Provinsie deur saam te toer in my klein spesiale groepies. Ek stel persoonlike en intieme toere saam, waar jy baie nuwe vriende maak! Jy arriveer as 'n vreemdeling en gaan weg as 'n vriend! Ek is ook 'n professionele fotograaf en gee raad en advies waar nodig. Dit sal jou in staat stel om al die spesiale oomblikke op kamera vas te vang!
Sluit aan by my spesiale fototoere en leer by 'n professionele fotogaaf. Of jy nou 'n beginner of 'n meester is, sal jy nog steeds baat vind by die toere. Ek sal jou vriendelik bystaan om pragtige fotos te neem van ons asemrowende Suid-Afrika.
Ondervinding van onskatbare waarde.
Sedert 2012, wanneer ek met my toere begin het, kan ek met trots verklaar dat ons span nog net uitstaande diens gelewer het. Daar is ook aandag gegee het aan elke konsep. Hierdie persoonlike aandag vind plaas vanaf die oomblik dat jy jou bespreking plaas tot die einde van jou toer (en selfs daarna!)
KLIEK ONS TOERPROGRAM 2024/2025 BLADSYE VIR MEER INLIGTING OOR ONS TOERE
SOORTE TOERE WAT EK AANBIED
Daguitstappies
Kort/Lang
Pasgemaakte (spesiaal ontwerpte)
Fotografie
Selfbestuur (self-drive)
IS JY ENKELLOPEND EN SOEK NA 'N GEPASDE KAMERMAAT OM MEE TE DEEL OP EEN VAN ONS TOERE?
Moenie bekommerd wees nie - daar is verskeie enkellopende toerlede wat maar te graag met jou sal deel - dit is ook baie kostebesparend en jy maak ook nuwe vriende in die proses!
Praat gerus met my oor jou behoeftes!
Besoek die Toerprogram bladsy vir meer inligting oor opkomende toere en daaglikse uitstappies!
Besoek die Toerprogram bladsy om te sien wat word vir 2025 beplan!
"Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie" - Lukas 1:37
Rouxvilleslot no 7
La Rochelle
Bellville
083 761 9734