WIL JY OOK MOOI FOTOS NEEM?
My opleiding in digitale fotografie het in 2008 begin.
Studente is van oraloor: Duitsland, Namibie, Botswana en verskeie dele in Suid-Afrika. Ek is tans besig om vir 'n groep boere van Heidelberg (WK) landskapfotografie aan te bied.
Studente se fotos is op die V&A Waterkant se vertoonborde ('billboards') en binne en buite die akwarium. Van my studente neem aan internasionale salonne en kompetisies ook deel.
In 2018 het ons die grootste fotoprojek in Afrika aangepak toe ons fotos geneem het vir die V&A Waterkant se webwerf. Oor die 500 winkels, verskeie geboue, restaurante en hotelle is deur ons span van ses vir ses weke afgeneem. Dit was 'n reuse, maar ongelooflik bevredigende taak.
Indien jy net wil leer om jou kamera (of selfs selfoon) beter te verstaan, is jy welkom om vir een van my kursusse wat spesiaal hiervoor saamgestel is, in te teken.
Kursusse word oor Zoom, persoonlik (een-tot-een) en in groepe aangebied.
Kontak my gerus indien jy meer inligting benodig:
Ohna*
083 761 9734
of epos:
(Let wel: Indien ek besig is met toerbegeleiding, kan ek nie my foon beantwoord nie. Laat gerus 'n boodskap en ek sal so gou moontlik terugkom na jou)
(*Geakkrediteerde Seta-assessor)
"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee" Matt.11:28