LET WEL - HIERDIE IS 'N VOORLOPIGE PROGRAM -
DIE VOLLEDIGE PROGRAM VIR 2025 SAL BINNEKORT GEPLAAS WORD!
LET DAAROP DAT DAAR BY SOMMIGE VAN DIE UITSTAPIES/TOERE GRATIS WERKSWINKELS IN
FOTOGRAFIE AANGEBIED WORD
OPWINDENDE NAMIBIESE TOER VIR PA EN SEUN, MA EN DOGTER, GAP JAAR STUDENTE OF VIR DIEGENE WAT LIEF IS VIR DIE NATUUR!
16 DAE AVONTUUR TOER
Wanneer: 28 Junie tot 13 Julie 2025
'n Opwindende kamp- en avontuur toer deur die grootste gedeelte van hierdie onvergeetlike land!
'n Alles insluitende (buiten sandduin-aktiwiteite) toer:
Vervoer, etes, gids, tente, hulp by die grensposte en met fotografie, kampspeletjies en soveel meer.
Die beste manier om die natuur te sien en ervaar, is om daarin te kamp!
Koste: R26,995.00pp
DAG EN NAWEEK UITSTAPPIES
WEGGESTEEKTE VALLEI MET
ALLERHANDE 'JUWEELTJIES'
WANNEER: Saterdag 22 Februarie 2025
KOSTE: R895pp
VERTREK VANAF: La Rochelle
'n Lekker 'loslit' dag waar ons hierdie pragtige vallei gaan bewonder en daar vir diegene wat graag fotos wil neem, genoeg geleentheid sal wees. 'n Heerlike eet, proe en ervaar dag!
VERTREK VANAF: La Rochelle
VIR DIE LANGLENS FOTOGRAWE
Wegbreeknaweek:
WANNEER : 8-10 Augustus 2025
KOSTE: Sal bevestig word
VERTREK VANAF: La Rochelle
Sluit in 'n gratis werkswinkel oor zoom waar die werkinge en toepassings van langer lense m.b.t. natuurfotografie bespreek word. Daar sal genoeg tyd tydens die naweek wees om hierdie nuwe tegnieke en kennis te beproef en aan te wend met hope hulp van my kant af.
WANNEER : Saterdag 27 September 2025
KOSTE: R895pp
VERTREK VANAF: La Rochelle
Sluit 'n gratis werkswinkel oor zoom in
waar 'n verskeidenheid tegnieke m.b.t. stadige sluiterspoed-fotografie verduidelik word. Die laaste gedeelte van die uitstappie word toegewy aan die afneem van see tonele met 'n stadige sluiterspoed.
GENADENDAL & GREYTON
WANNEER : Saterdag 18 Oktober 2025
KOSTE: R895pp
VERTREK VANAF: La Rochelle
Nog 'n heerlike wegbreek na vergange se dae toe met genoeg geleentheid om die dorpies te ondersoek en met die plaaslike gemeenskap te gesels. Winkels en museums te besoek, lekker te eet en natuurlik indien belangstel, om fotos te neem.
SELF-RY TOERE
WANNEER: 7-9 Maart 2025
KOSTE: Sal bevestig word
VERTREK VANAF: La Rochelle
Ons besoek 'n private rustieke bergoord - met kampeerterrein en ook hutte vir diegene wat nie wil kamp nie - die Weskus op sy beste! 'n Moet vir die natuurliefhebber! Miskien is ons gelukkig om arende te sien en af te neem!
WANNEER: 7-9 November 2025
KOSTE: Sal bevestig word
VERTREK VANAF: La Rochelle
Wildsritte, braai, fotos kyk en soveel meer gaan deel uitmaak van die naweek....en dalk 'n kompetisie met intressante pryse wat gewen kan word ook! 'n Gratis zoom werkswinkel vorm deel van hierdie naweek wegbreek. Wildsfotografie sal tydens hierdie werkswinkel behandel word.
LANGER TOERE VIR DIE TOEGEWYDE REISIGER
3 DAE TOER:
DIE SPOOK VAN MATJIESFONTEIN & DIE STERRE VAN SUTHERLAND
Besoek geboue uit Vergange se Dae, Jaag Spoke en Kyk na die Sterre
WANNEER: 20-22 Junie
WAAR: Matjiesfontein & Sutherland
PRYS: Begin by R2,995pp
SLUIT IN: Vervoer, Toergids, Verblyf, Toegangsfooie en Sterrekyk
VERTREK VANAF: La Rochelle
Hopelik sien ons pragtige sterre en sneeu en kry geleentheid vir nagfotografie en sien ook die 'spook' van Matjiesfontein. Ek het nogal 'n ervaring gehad terwyl ek fotos geneem het in die Matjiesfonteun Museum en sal julle meer hiervan vertel tydens ons toer
5 DAE TOER:
BLOMME FANTASIE
WANNEER: 3-7 September 2025
KOSTE: Begin by R9,995pp en sluit sommige etes en toegangsfooie in
WAAR: Hantam, Koue Bokkeveld, Karoo en Namakwaland
VERTREK VANAF: La Rochelle
"Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nies" - Ps 23:1