"HELP! EK WIL GRAAG SAAMTOER!...
Maar, my finansies laat dit nie altyd toe nie".
Maklik. Ek gaan vir jou vlerke gee deur ons stelsel waardeur jy jou toere kan afbetaal. Bespreking behels 'n 50% deposito en twee verdere betalings van 25% elk - en GEEN RENTES word gehef nie! By elke toer uiteensetting word gespesifiseer hoe en wanneer hierdie betalings gedoen word.
Met sommige van die lang toere kan voornemende toerlede meer afbetalings doen. Bespreek jou behoeftes gerus met my.
Let wel, hierdie is net van toepassing op lang toere en nie naweek- en daguitstappies nie. Ander reisagentskappe vra R1,995 -R2,995 per persoon per uitstappie - my daguitstappies is baie goedkoper teen ongeveer R895 per persoon. Uiters bekostigbaar om dus saam te reis.
Toere moet ten volle afbetaal wees voordat 'n toerlid op die toer vertrek. Lees ook die Terme en Voorwaardes deeglik deur voordat jy op 'n toer saam met my vertrek.
Praat gerus met my indien jy hulp en advies benodig om suksesvol finansieel te beplan ter bywoning van 'n toer. Vertroulikheid word eerste gestel en geen persoonlike inligting word gedeel nie!
"As God vir ons is, wie kan teen ons wees?" Rom 8:31