BOEK NOU OM TELEURSTELLING TE VERMY!
HOE BESPREEK EK?
SKAKEL MY DIREK BY 083 761 9734
OF EPOS: ohna.nel@gmail.com
GEWILDE DAGUITSTAPPIES!
DAGTOER: WALVISSE, BLOMME & SEELANDSKAPPE!
GEHEIME GEBOORTEPLEK VAN DIE WALVISSE!
WANNEER: UITGESTEL NA 5 OKTOBER AGV DIE NAT KAAPSE WEER EN PAAIE WAT GESLUIT IS!
WAAR: Hermanus kuslyn (ons neem jou na die walvisse se 'kraamsaal'!)
PRYS: R895pp. Betaalbaar teen 15 September
SLUIT IN: Vervoer, Toergids, Koffie en beskuit en Hulp met fotografie
VERTREK VANAF: La Rochelle
Nou is die geleentheid om jou lang lens te gebruik as jy 'n ywerige fotograaf is of om net die skoonheid van ons skouspelagtige kus te geniet! Op pad terug sal daar 'n geleentheid wees om seelandskappe af te neem waar jy met 'n stadige sluiterspoed gaan speel. Hierdie dagtoer is baie gewild! Bespreek nou!
WILDSAFARI MET FLAIR!
WANNEER: Saterdag 26 Oktober
WAAR: Stellenbosch-omgewing
PRYS: R895 + R360 vir wildrit = R1,255
Betaalbaar teen 5 Oktober
SLUIT IN: Wynproe en wildrit. Bring jou eie piekniekmandjie - ons hou 'n lekker ontspanne piekniek onder die pragtige bome na die wildrit! Hulp sal verleen word aan fotograwe met hul wildsfotografie - dit is 'n absolute prettige dag!
Heerlike wynproe ingesluit in die prys.
VERTREK VANAF: La Rochelle
WANNEER: Saterdag 9 November
WAAR: Genadendal en Greyton
PRYS: R895 pp. Betaalbaar teen 10 Oktober
SLUIT IN: Vervoer, toer deur Genadendal Museum en die dorpie. Piekniek (voorsien self) onder die bome en terugreis via Greyton waar ons by 'n paar plekkies sal aandoen. Ons voorsien die wyn om hierdie kuier uniek te maak!
VERTREK VANAF: La Rochelle
WANNEER: Saterdag 23 November
WAAR: Dis 'n geheim en heerlike verassing- maar is in 'n beeldskone vallei in die Wes Kaap
PRYS: R895pp. Betaalbaar teen 1 November
SLUIT IN: Vervoer, besoek aan verskeie wynlandgoedere en 'n antieke treinstasie. Daarna volg piekniek onder die bome met jou eie piekniek mandjie - ons voorsien die wyn om die dag mooi af te rond!
VERTREK VANAF: La Rochelle
LANGER TOERE VIR DIE TOEGEWYDE REISIGER
3 DAE TOER: MATJIESFONTEIN & SUTHERLAND
Kyk na die Sterre, Speel in die Sneeu en Jaag Spoke!
WANNEER: 27-29 September
WAAR: Matjiesfontein & Sutherland
PRYS: Begin by R2,995pp
DEPOSITO: R1,500 betaalbaar teen 1 September - verdere inligting word in die Toerprogram voorsien
SLUIT IN: Vervoer, Toergids, Verblyf, Sommige Toegangsfooie, Sterrekyk
Hopelik sal ons sneeu sien, pragtige sterre en ook die 'spook' van Matjiesfontein.
'n Vorige Ervaring wat ek gehad het in die Matjiesfontein Museum sal jul inspirasie wees wanneer ek besonderhede deel met hierdie heerlike 3 dag toer.
VERTREK VANAF: La Rochelle
"Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered" - Ps 34:4