EK MAAK NIE GEBRUIK VAN 'N PERSOONLIKE ASSISTENT, SEKRETARESSE, 'KLETSBOT', Ai, REKENAARS OF ENIGE ANDER ELEKTRONIESE TOERUSTING VIR BESPREKINGS NIE!
STUUR 'N WHATSAPP OF SKAKEL MY BY 083 761 9734!
Ek bied sedert 2012 persoonlike en pasgemaakte toere aan en om doodseker te maak jou behoeftes en voorkeure word verstaan, versoek ek vriendelik dat jy my direk skakel of kontak en met my bespreek. Daarna sal al die toepaslike dokumentasie aanstuur word en kan ons voortgaan met die bespreking. Dit laat toe dat ek jou beter leer ken en verseker dat die bes moontlike opsies voorgestel word vir 'n uitstaande persoonlike toerervaring.
Waarom moet jy my skakel voordat jy bespreek?
Persoonlike Diens: Ek wil jou belangstellings, voor- en afkeure en enige spesiale behoeftes begryp om sodoende die beste pasmaaktoer vir jou saam te stel of om te bepaal of 'n spesifieke toer die korrekte een vir jou is.
Kundige Advies: Waar jy onseker is van sekere aspekte van 'n toer, kan kundige advies gegee word. Ek het hierdie toere verskeie kere georganiseer en aangebied en dit sal jou help om beter voorbereid te wees vir jou voorgenome toer.
Skep van 'n persoonlike verhouding: Direkte kontak veroorsaak dat ons dadelik 'n persoonlike konneksie opbou wat op die lang duur 'n genotvolle ervaring vir almal verseker en dit mag ook die begin wees van 'n lewenslange vriendskap, soos wat al telkemale in die verlede gebeur het!
HOE OM MY TE KONTAK:
Skakel my gerus of stuur Whatsapp:
083 761 9734
Enige tyd!
Indien ek besig is met 'n toergroep, mag ek nie in staat wees om dadelik te antwoord nie. Laat 'n boodskap of stuur 'n epos aan ohna.nel@gmail.com en ek kom so gou mootlik na jou toe terug.
Ek sien uit daarna om jou te ontmoet en jou op een van ons onvergeetlike toere saam te neem.
Dankie dat jy verstaan en vir jou samewerking m.b.t. my besprekingsbeleid.
Vriendelike groete,
Ohna
"God is liefde" - 1 Johannes 4:8